top of page

Teologiese opleiding, proponente en beroepafwagtende predikante.

65. Daar word toegelaat dat Teologie-studente afstudeer en meer Teologie-studente word jaarliks tot studie toegelaat, maar daar word nie voorsiening gemaak vir die studente sodra hul klaarmaak en daar nie werk is nie. Die Kerk kan natuurlik nie mense se roeping weier nie, of gemeentes skep twv werkruimtes nie. Tog is die huidige werkwyse onverskillig.

66. Die Kerk het begroot om R 3,742,794.37 in die finansiële jaar 2017/18 te bestee aan teologiese opleiding vir studente wat in alle waarskynlikheid gaan sukkel om werk te kry.

67. Dié proponente moet lenings terugbetaal en lewens begin, sonder enige hulp of hoop van die Kerk af. Die Kerk laat egter steeds toe dat emeriti in hul werkruimtes en pastorieë aanbly al is daar menige proponente en beroepafwagtende predikante beskikbaar vir die werkruimtes.

68. Die kerk moet óf voornemende studente afraai om teologie te studeer, óf die studente begin toerus om ander werke te doen (en hul bystaan in die soeke na sulke werke) terwyl hul wag vir ‘n beroep.

bottom of page