25 Oktober / 19:00-21:00 PM
95 Hedendaagse Stellings
Hoe kan 'n Kerk van die Hervorming voortdurend Hervorm
Wanneer
25 Oktober, 2017 7-9 PM
Waar
127 Lunnon Straat, Hillcrest,
Pretoria, 0081
Verklaring:
Hierdie 95 Stellings is saamgestel ten einde gesprek tussen gemeentelede, gelowiges, predikante, ampsdraers en die breë Kerk aan te wakker. Dit word as ‘n gespreksdokument beskou. Lees gerus die stellings, vra vrae daaroor, praat daaroor, formuleer u eie stellings, maar hou die gesprek aan die gang sodat die uitdagings in en van die Kerk nie die inskiklike norm word nie.
Ons spreek ons opregte dank en waardering uit aan elkeen wat ’n bydra gelewer het in die voorbereiding van hierdie gespreksdokument. Met ’n onderneming soos hierdie een word daar natuurlik ’n magdom temas op die tafel geplaas, waarvan die inhoud dikwels oorvleuel.
Ons het dus die kern konsepte van bydraes so volledig moontlik onder die gelyste temas verwerk. Nie alle stellings van alle bydraes is bygebring nie, aangesien baie daarvan onderafdelings in die groter gesprek vorm. Sommige soortgelyke bydraes is saamgevoeg en as enkele stellings verwoord. Meer unieke bydraes is meer direk opgeneem, met minimale taalversorging.
Ons het nie self al die stellings opgestel nie, maar vir bydraes uit alle oorde van die Kerk gevra. Ons deel ook nie noodwendig die opinies van alle stellings wat hieronder verskyn nie. Die aard van die dokument noodsaak egter dat uiteenlopende standpunte gehoor sal word.
Die dokument is daarop gemik om tot 'n opbouende gesprek in die NHKA by te dra.