top of page

Missionaat

69. Die kerk praat missionale taal, maar op die oog af gebeur dit nie. Getalle krimp, geen nuwe gemeentes word gestig nie en uitbreiding van woongebiede word nie gevolg nie.

70. In die nuwe, veral stedelike woongebiede is daar ‘n geleentheid om met die Maranatha kerk (MRCC) saam te werk tot groei.

71. As daar in die kerklike tydskrifte gelees word hoeveel proponente beroepafwagtend is, is dit vreemd dat die kerk hul nie lank reeds tot kerkstigting aanwend nie.

 

72. As daar rondom ons gekyk word na hoeveel “tent- en skoolsaalkerke” gedy, ontstaan die vraag na waarom ons nie lesse daaruit leer nie. In ons dag en tyd is mense gemaksugtig en die magdom winkelsentrums is ‘n voorbeeld dat mense nie baie moeite doen om ver na iets te ry nie.

73. Die bestaande Hervormde kerkgeboue raak al hoe meer afgeleë namate woongebiede uitbrei, en ons neem selde in ag dat nuwe uitbreidings nuwe bedieningsvelde skep indien ons verby tradisionele kerkgeboue kan beweeg.

74. Gemeentes is partykeer bang om missionaal te wees, veral in armer woongebiede aangesien die Kerk se huidige sinodale offergawe-sisteem jou penaliseer hoe meer lidmate jy het.

75. Menigmaal is die nuwe lidmate, lidmate wat nie ‘n finansiële bydrae kan maak nie, maar daar moet steeds vir hulle betaal word. Baie keer moet die gemeente selfs vir daardie lidmate sorg.

76. Dit is egter ook kommerwekkend om te sien hoe min gemeentes bereid is om met die MRCC ekumenies en missionaal saam te werk. Wat kommunikeer dit dat so ‘n groot afvaardiging wel na die wêreldwye ekumeniese liggaam se vergadering reis, maar hier in ons eie land word daar skaars met ons eie ‘dogterkerk’ gepraat of ‘ekumenies’ saamgewerk?

 

77. Die MRCC is juis ’n potensiële brug wat die Kerk kan lei na sterker, meer geïntigreerde bediening in ons huidige konteks.

bottom of page