top of page

Die Heilige Nagmaal

3. Die sakrament simboliseer die onbemiddelde teenwoordigheid en onverdiende genade van God.

4. Elkeen wat by die tafel van die Here aansit raak daarvan bewus dat hulle deel gemaak is van die gemeenskap wat deur God geliefd is, deur onverdiend deel te kry aan Jesus Christus.

5. Elkeen wat by die tafel aansit weet dat hulle geen aanspraak daarop het nie. Hulle is genooi omdat God onwaardige mense in sy koninkryk verwelkom. Mense wat soos kinders in die eerste-eeuse Palestina is (Matt. 18:1-5).

6. Dit is daarom nie slegs magsmisbruik om kinders die nagmaal te weier nie, maar inderdaad in stryd met die betekenis van die sakrament om die geringstes nie te ontvang waar ons aansit om Christus te ontvang nie (Mark. 9: 35-37).

7. Kinders verstaan onvoorwaardelike liefde en vergifnis, waarvan die sakrament simbolies is. Hulle verstaan nie preke, kategese en die terminologie van die geloofsbelydenis nie. Tog is dit die maniere waarop ons hulle tot begrip van die Nagmaal wil lei.

8. Om aan te voer dat kinders eers moet verstaan wat die Nagmaal beteken voordat hulle mag aansit, toon ’n wanbegrip van die koninkryk van God en bewys dat begrip nie noodwendig met openbare geloofsbelydenis posvat nie.

9. Kinders het nie die mag, gesag of ideologie om iemand van God weg te wys nie. Hulle verstaan juis nie waarom mense liefdeloos optree nie. Daarom die opdrag om soos kinders te word. Hulle is die enigste mense wat in wese waardig is om by die tafel van die Here aan te sit.

10. Om kinders van die gemeenskap met Christus te weerhou, is in stryd met die liefdesgebod en die wese van die sakramente.

11. Indien ons as geloofsgemeenskap volhardend mag op hierdie wyse uitoefen, behoort elke sakrament-bediening voorafgegaan te word deur ’n deeglike ondersoek deur die ouderlinge, van elke lidmaat wat kom aansit se status as belydende lidmaat van die Kerk, of kerke wat ons belydenis deel. [Slegs indien ons geloofwaardig wil aanvoer dat belydenis (wat kinders in elk geval weekliks saam met die gemeente aflê) en begrip ’n voorvereiste vir gemeenskap met Christus en die gemeenskap van gelowiges is, natuurlik.]

bottom of page