top of page

Die Gemeenskap van Gelowiges

1. Die gemeenskap van gelowiges wat die koninkryk van God binnegaan, onderhou en uitbrei is weerloos, nederig en diensbaar. (Matt. 18:1-5; 5:3-10; 8:19-20; Mark. 10:15).

2. Baie is van nature sonder mag of gesag. Ander is individue en groepe wat deel vorm van die geloofsgemeenskap, maar gewoond is aan die voordele van mag en gesag in ’n sekulêre wêreld. Alle gelowiges kies egter nederige weerloosheid in getroue navolging van die Here, die Hoogste Mag en Gesag, wat nie gehuiwer het om weerloos, nederig en diensbaar te word sodat sy koninkryk gevestig mag word nie (Fil. 2:5-11).

bottom of page